Heidelbergse Kategismus

Uitgawe van 1563.

Die Heidelbergse Kategismus (Latyn: Catechesis Palatina), een van die Drie Formuliere van Eenheid, is 'n Protestante belydenisdokument wat die vorm aanneem van 'n reeks vrae en antwoorde, vir gebruik in die onderrig van Gereformeerde leerstellings. Dit het in 1563 in Heidelberg, Duitsland onstaan met die oorspronklike titel in Latyn Catechesis religionis Christianae quae traditur in ecclesiis & scholis Electoralis Palatinatus[1] (let. Kategismus volgens die Gebruike van die Kerke en Skole van die Keurvorstedom Palts.) Dit is in opdrag van die keurvors Frederik III van die Keurvorstedom Palts opgestel, en word soms as die "Palts Kategismus" verwys. Dit is in baie tale vertaal en word beskou as een van die mees invloedryke van die Gereformeerde Belydenisskrifte.

  1. Catechesis Religionis Christianae, Qvae Traditvr In Ecclesiis Et Scholis Palatinatvs Afgehaal 16 Desember, 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy